DKW Geskiedenis
June 2007
"Op Uniondale was dit nogal ‘n Engelsman-onderwyser, Mnr Hewson, wat die eerste geelgroen DKW met ‘n wit kap in 1958 gekoop het; die sogenaamde Sonderklasse (Spesiale Klas). Ds Kotze het kort daarna gevolg met ‘n vaalgrys stasiewa. Maar daar was ook ‘n swart voor-oorlogse 1936 DKW wat aan Kempie behoort het en wat hy aan my wou afstaan. Die enigste rede hoekom ek nie die aanbod aanvaar het nie, was omdat die enjin in honderd stukke was, dat ek nog ‘n skoolseun sonder ‘n bestuurslisensie was en my pa nie die motor op die werf sou duld nie. Agterna is ek bitter jammer ek het nie maar die aanbod aanvaar nie!"

Download / view the pdf file
Copyright
All content and images are copyrighted by Galimoto MEDIA cc and/or the
respective author and any unauthorised duplication or distribution is
only allowed with prior consent from Galimoto MEDIA cc. |